Kom ons staan voor die Heer En bely dat Hy regeer Kom ons sien die Hemel koning op Sy troon Laat ons al die hulde bring En Sy lof en eer besing Laat ons lofsange die plek wees waar Hy woon
Hef jou hande na bo Al wat Hy vra is dat ons glo En as jy weet jy is vry Is dit die heel beste rede om….
Te kniel voor die Vader In gebed tot Hom te nader En Hom as Koning en Verlosser te bely Om Hom te dank vir Sy genade Vir Sy seën en wonderdade Want die krag van Sy waarheid maak ons vry
Hef jou hande na bo Al wat Hy vra is dat ons glo En as jy weet jy is vry Is dit die heel beste rede om ….
Te gaan na die nasies Want Sy opdrag was basies Om te doen en te lewe net soos Hy Want deur sy wonderwerke Is daar nou ook geen perke Aan wat Jesus kan doen deur jou en my
Hef jou hande na bo Al wat Hy vra is dat ons glo En as jy weet jy is vry Is dit die heel beste rede om ….
Met simbaal en drom te raas En die sjofars hard te blaas Want die groot dag van Jesus kom beslis Die dag wat elke knie sal buig En elke mond nog sal getuig Dat die Ruiter op die wit perd Koning is
Hef jou hande na bo Al wat Hy vra is dat ons glo En as jy weet jy is vry Is dit die heel beste rede vir my
En as jy weet jy is vry Is dit die heel beste rede Heel beste rede Heel beste rede Vir my