| 
	    
 	
	| 
		
	 | 
    
        
	
		
	
 
 
	
	
	
	
	
        	
 Songs    | Albums    | Album Arts 
  
Lyricist: Theuns Jordaan
Lyrics: 
 Ou man sit by die straatkafees,  en kyk al die mense loop heen-en-weer  Boemelaars raas by die Wimpy Bar,  en Fontana is oop tot laat in die aand  Kaalvoet kinders in die straat, wys parkeerplek aan  En hou dan die hand, en hou dan die hand,  en hou oop die hand?
  En gee, gee, gee. Gee, gee, gee  Jou sente, jou drome, jou klere vol gate,  gee jou hart vir Hillbrow  Ja, gee jou hart vir Hillbrow 
  In Quartz Straat hoor ek ?n meisie my roep,  daar?s ?n Hare Krishna wat vra wat ek soek  En ken ek vir Jesus? Vra ?n man op die stoep,  tussen Hillbrow records en Estoril Books  En dis lank na twaalfuur,  en die Hillbrow toring stuur  Sy seine in die nag, sy sein in die nag,  sy sein vir die junkies wat wag, o 
  En gee, gee, gee. Gee, gee, gee  Jou sente, jou drome, jou toekoms vol gate,  gee jou hart vir Hillbrow,  Ja, gee jou hart vir Hillbrow 
  En die ligte gaan aan in die Chelsea Hotel,  en stemme en musiek klink in elke woonstel.  Ons sit in die son, drink wyn,  Ons survive met ?n helse lot pyn in hierdie land, ja  Kom ons drink op die een wat sy drome oorleef,  op die een wat kry wat hy vra, ja 
  En gee, gee, gee. Gee, gee, gee  Jou sente jou drome, jou toekoms vol gate,  gee jou hart vir Hillbrow  Ja, gee jou hart vir Hillbrow 
	
	
	 
	
		
		
	
	
  
	
			
	   	 
      
 | 
	
    
        All lyrics are property and copyright of their owners. 
        2025 Zortam.com  
        
     |