Vyf voor nege as ek Hatfield sien En die kuier vir die aand is in Duncanstraat McGillis tot McGintis my kitaar geslaan In Maloneys gestaan op n donderdagaand
As die ore min raak my oë toe Kom die barman om als weg te vat Ek rol die drade op maak die koffers vol Net die koffie bly oor om my warm te maak
Jy't gesê vanaand Sou jy kom luister soos gisteraand Maar jou stoel is leeg en my hart is vol Van al die goeters wat ek jou nog wou vra Maar nou's dit vir my weer sulke tyd Paktyd traptyd tjailatyd Paktyd traptyd tjailatyd
Kwart oor twee as die plek stilraak En die druppels teen die ruite hulle prentjies maak Al n duisend keer hierdie pad gevat Vir n appel en n ui deur my hart gestap Vir die liefde van die saak
Pak jou kitare vir die reis Al voel jy verlore in die stadsgedruis Jou voete sal jou die plekke wys Gloeiende gesigte sal jou droom laat skyn Die eelte op jou vingers sal weer verdwyn