Ek het 'n vriendin
Ver by die blou see
Teen die hang van Tafelberg
As die son sak
Speel sy die mooiste melodiee...
Haar vingers ken die pad opgesluit in wit en swart
Die klavier se grootste vreugde, hartseer en verlange
Verstaan die hart se diepste smart
Ja die hele wereld word stil
En luister in die donker uur
Na die naggeluide
Van Lisa se klavier
Ja die hele wereld word stil
En luister in die donker uur
Na die naggeluide
Van Lisa se klavier...
Lisa kan nie ophou as sy eers begin het nie
Sy laat my nooit huistoe loop of afskeid neem
Voor my laaste sigaret nie
Ek staan op haar balkon en drink haar appelkoostee
En kyk na Kaapstad in die nag
Die liggies, en die swart swart see
Ja die hele wereld word stil
En luister in die donker uur
Na die naggeluide
Van Lisa se klavier
Ja die hele wereld word stil
En luister in die donker uur
Na die naggeluide
Van Lisa se klavier...
En onder op die sypaadjie sien ek die Bergie en sy maat
Wat staan en opkyk ver na bo
Vanuit die vullis
Van Oranjestraat
Hulle ken al lank die klanke
Wat uit haar woonstel stroom
Lank na twaalf met die deure oop
Al moan die bure ookal hoe
Word Lisa elke boemelaar se droom
Ja die hele wereld word stil
En luister in die donker uur
Na die naggeluide
Van Lisa se klavier
Ja die hele wereld word stil
En luister in die donker uur
Na die naggeluide
Van Lisa se klavier...