Artist: A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

Songs    | Albums    | Album Arts

Laurika Rauch - Die Tyd Stap Aan Lyrics - Zortam Music
Song:Die Tyd Stap Aan
Album:Die GangGenres:Pop
Year:1992 Length:188 sec

Lyrics:

Die kort hand op twaalf, en die lang hand op drie
Jy lê met jou kop hier teen my knie
Ek soek jou gesels maar jy's lank nie meer hier nie
En kyk hoe loop die lang hand oor na vier
Die kort hand op twaalf, en die lang hand digby vyf
Jy's droomland toe, en ek sit met jou lyf
Ek wou nog praat oor ons liefde en die res
Maar in stilte, lê die lang hand langs die ses
Die tyd stap aan, dit vlieg vir jou en my
In doodse stilte gaan die tyd verby
Die tyd stap aan, dit vlieg vir jou en my
Maar elke oomblik voel soos 'n ewigheid vir my
Die kort hand op twaalf en die lang hand skuins na tien
Ek wens ek kon die toekoms vir ons sien
Maar nou sit ek hier in die verlede en delf
Terwyl jy slaap kruip die lang hand oor die elf
Die tyd stap aan, dit vlieg vir jou en my
In doodse stilte gaan die tyd verby
Die tyd stap aan, dit vlieg vir jou en my
En elke oomblik voel soos 'n ewigheid vir my




 

All lyrics are property and copyright of their owners.

Copyright © 2002-2026. Zortam.com. All Rights Reserved.