Auto Mp3 Tagger
 Artist: A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z 0-9

Download Now!!!

Songs    | Albums    | Album Arts

Laurika Rauch - Kyk Hoe Glinster Die Maan Lyrics - Zortam Music
Song:Kyk Hoe Glinster Die Maan
Album:Stuur Groete Aan Mannetjies RouxGenres:Pop
Year:1996 Length:245 sec

Lyrics:

Ek het in my kinderjare vas geglo in Kersfeesvader
In werklikheid ry hy mos met 'n slee
Maar hier stap hy deur die mielies, met 'n streepsak
En 'n kierie
En my boetie vra, 'boer hy by Clocolan?'

Refrein:
Waar is jou rendier en silwer spore?
Waar is ons drome van gisteraand?
Vlieg oor die bome met my drome
Kyk hoe glinster die maan

Die winde van die winter het my kinderhart ontnugter
Ek en Boetie kry 'n rooi jas in die laai
Jonk van jare, oud van dae, huil ek hartseer
In my kamer
Want die fantasie het soos 'n droom verdwyn

Refrein

In 'n brief van later jare, skryf ek 'liewe Kersfeesvader
Elke meisie het 'n spesiale wens
Vir 'n man so soet soos suiker, met 'n motor sonder duike
En soen hy jou dink jy dis net 'n droom'

Refrein

Ek stap toe op 'n aand laat, met 'n kêrel uit die Vrystaat
Al bestuur hy 'n ou bakkie, sê ek 'Kersfeesvader, dankie!'
Want al sy soene is soos suiker, en in sy hande 'n diamant
Vlieg oor die bome met my drome
Kyk hoe glinster die maan

Hier's ons kinders om die boompie, hulle wag nou vir die oompie
My dogtertjie is net 'n bietjie bang
Maar hy stap sommer uit die branders, ja die tye het verander
My seuntjie vra, 'woon hy in Jeffriesbaai?'

Refrein




 

Download Now!!!

Copyright © 2020 Zortam.com. All Rights Reserved.   Zortam On Facebook Zortam On Twitter