Auto Mp3 Tagger
 Artist: A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z 0-9

Download Now!!!

Songs    | Albums    | Album Arts

Laurika Rauch - Moenie Weggaan Nie Lyrics - Zortam Music
Song:Moenie Weggaan Nie
Album:The Brel AlbumGenres:Pop
Year:1997 Length:234 sec

Lyrics:

Moenie weggaan nie
Jy moet liewer vergee, maar jy moet net onthou
Verby is verby
Wis uit die tyd van misverstand, en die tyd verspil
Die aanhou probeer om te vergeet, van die weggaan tyd
Gister het gebeur
Moenie weggaan nie
Moenie weggaan nie
Moenie weggaan nie
Moenie weggaan nie
Maar

Ek belowe jou nou
Gepêrelde dou
Juwele van reën, want so word ons een
Ek sal die aarde verskuif, tot lank na my dood
Met glans jou beklee in goue lip doop
Ek gee jou 'n ryk, waar die liefde regeer
Soos die liefde ons leer, in ons klein koninkryk
Moenie weggaan nie
Moenie weggaan nie
Moenie weggaan nie
Moenie weggaan nie

Kom luister na my

In elke-dag-taal
Vertel ek vir jou 'n liefdesverhaal
Twee mense leer, twee harte versmelt
Een liefde ontvlam, 'n tweede keer
Ek vertel 'n verhaal, van 'n koning se nood
Hy sterf van sy liefde, want weggaan is dood
Moenie weggaan nie
Moenie weggaan nie
Moenie weggaan nie
Moenie weggaan nie
Het jy al gesien, hoe 'n verkluimde vulkaan
Wat afgeleef lyk aan die brand kan slaan?
Ek dink dit is waar
'n Veldbrand wat brand maak ryker die oes
As 'n ryk somersjaar en kom die nag
Verhelder die lug as die rooi en die blou, in die aandskemer trou
Moenie weggaan nie
Moenie weggaan nie
Moenie weggaan nie
Moenie weggaan nie
So min bly nou oor
Ek huil nie meer nie, ek praat nie meer nie
Ek wil nie meer nie, ek is nie meer nie
Die lewe is leeg, is leef sonder jou
Maak my die skaduwee van jou skadu
Maak my die eggo, van die woorde uit jou mond, van jou voetstap op die grond
Moenie weggaan nie
Moenie weggaan nie
Moenie weggaan nie
Moenie weggaan nie




 

Download Now!!!

Copyright © 2020 Zortam.com. All Rights Reserved.   Zortam On Facebook Zortam On Twitter