Artist: A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

Download Now!!!

Songs    | Albums    | Album Arts

Koos Kombuis - lisa se klavier Lyrics - Zortam Music
Song:lisa se klavier
Album:Elke Boemelaar Se DroomGenres:Folk
Year:2014 Length:285 sec

Lyrics:

Ek het 'n vriendin
Vêr by die blou see
Teen die hang van Tafelberg, as die son sak
Speel sy die mooiste melodieë

Haar vingers ken die pad
Opgesluit in wit en swart
Die klavier se grootste vreugde, hartseer en verlange
Verstaan die hart se diepste smart
Ja, die hele wêreld word stil
En luister in die donker uur
Na die naggeluide
Van Lisa se klavier
Ja, die hele wêreld word stil
En luister in die donker uur
Na die naggeluide
Van Lisa se klavier
Lisa kan nie ophou
As sy eers begin het nie
En sy laat my nooit huis toe loop, of afskeid neem
Voor my laaste sigaret nie

Ek staan op haar balkon
En drink haar appelkoostee
Kyk uit na Kaapstad in die nag
Die liggies, en die swart swart see
Ja, die hele wêreld word stil
En luister in die donker uur
Na die naggeluide
Van Lisa se klavier
Ja, die hele wêreld word stil
En luister in die donker uur
Na die naggeluide
Van Lisa se klavier
Instrumenteel
En onder op die sypaadjie
Sien ek die bergie en sy maat
Wat staan en opkyk, ver na bo
Vanuit die vullis, van Oranjestraat

Hulle ken al lank die klanke
Wat uit haar woonstel stroom
Lank na twaalf, met die deure oop, al moan die bure ookal hoe
Word Lisa, elke boemelaar se droom
Ja, die hele wêreld word stil
En luister in die donker uur
Na die naggeluide
Van Lisa se klavier
Ja, die hele wêreld word stil
En luister in die donker uur
Na die naggeluide




 

Download Now!!!

Copyright © 2020 Zortam.com. All Rights Reserved.   Zortam On Facebook Zortam On Twitter