Soos bloed so is jy vir my Soos my so ken jy vir my Soos asem vloei jy dwarsdeur my Soos tyd so vlieg als verby
Ek vra jou bly by my Tot die paaie voor my opraak Tot die wolke bo my leegraak vir my Ek vra jou bly naby my Tot die spore voor my dofraak En die wolke bo my leegmaak oor my
Soos bloed binne my is jy Jou groet eggo steeds in my Oseane oor tot ek jou kry Vulkane brand hier binne my
Ek vra jou bly by my Tot die paaie voor my opraak Tot die wolke bo my leegraak vir my Ek vra jou bly naby my Tot die spore voor my dofraak En die wolke bo my leegmaak oor my
In reën is jy rondom my In trane vee jy af voor my Riviere storm jy deur my Papiere is te min vir my
Ek vra jou bly by my Tot die paaie voor my opraak Tot die wolke bo my leegraak vir my Ek vra jou bly naby my Tot die spore voor my dofraak En die wolke bo my leegmaak oor my Tot die paaie in my stilraak In die wolke wat my vol maak in my