| 
	    
 	
	| 
		
	 | 
    
        
	
		
	
 
 
	
	
	
	
	
        	
 Songs    | Albums    | Album Arts 
  
Lyrics: 
 Jy was Beautiful in Beaufort-Wes, en ek was so verskrik en verskriklik lief vir jou, 
 en ek en jy het op grafte en op treine op Ford Fairlane se agterseats gevry
 En nou is jy en jou man both computer analysts, en laas winter, 
 you tried to cut above your wrists en nou skryf jy vir my
 
 Jy kan nie meer slaap
 Nie, nie meer lag,
 Nie, nie meer iets vir jouself doen nie en nooit ooit weer vir my soen nie
 Instrumenteel
 
 Mooi, mooi, mooi was jou woorde ook, terwyl jy Menthol sigarette rook,
 en al daai sweet, sweet dinge vir my sê, terwyl jy sweet, sweet in my arms lê
 En die presiese woorde ekt  presies vergeet, ek onthou net die rook en die sweet
 in Beaufort-Wes en jou kaal liggaam onder koel, summer cotton dress
 
 Nie meer slaap
 Nie, nie meer lag,
 Nie, nie meer iets vir jouself doen nie en nooit ooit weer vir my soen nie
 
 En dis miskien soos n storie uit die Huisgenoot
 Maar jy het een aand skielik vir my weggestoot en in die rearview mirror jou gesig gekyk en gesê miskien moet ek gelukkiger lyk en daardie aand kon ek nie aan die slaap raak nie
 Ek het gevoel hoe my hart los ruk uit my lyf en soos n roeiboot al in die rivier af dryf
 
 Ek kon nie meer slaap. 
 Nie, nie meer lag,
 Nie, nie meer iets vir myself doen nie, en nooit ooit weer vir jou soen nie
 Instrumenteel
 
 Die laaste herinnering waaroor ek sing, is die nag ek en jy die melktrein aan en aan die nag in ry tot anderkant die ding-dong gong van die breakfast waiter in die gang verby
 Dit was my wake-up call my lief, jy het gesê: Wees asseblief lief vir my,
 maar ekt gedroom ons het in Beaufort-Wes gaan woon
 
 Ek kon nie meer slaap
  Nie, nie meer lag,
 Nie, nie weer iets ooit reg doen nie en nooit ooit weer vir jou soen nie
 
 Ek kon nie meer slaap 
 Nie, nie meer lag,
 Nie, nie meer iets vir mekaar doen nie en nooit ooit weer vir jou soen nie 
	
	
	 
	
		
		
	
	
  
	
			
	   	 
      
 | 
	
    
        All lyrics are property and copyright of their owners. 
        2025 Zortam.com  
        
     |