Auto Mp3 Tagger
 Artist: A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z 0-9

Download Now!!!

Songs    | Albums    | Album Arts

Laurika Rauch - Ek het
Song:Ek het 'n huisie by die see
Album:19 Treffers Van 21 JaarGenres:Folk
Year: Length:146 sec

Lyrics:

Ek het 'n huisie by die see, dis nag
Ek hoor aaneen, aaneen, die golwe slaan
Teenaan die rots waarop my huisie staan
Met al die oseaan se woeste krag
Ek hoor die winde huil, 'n kreun, 'n klag

Soos van verlore siele in hul nood
Al dwalend, klagend, wat in graf en dood
Geen rus kon vind nie maar nog soek en smag
My vuurtjie brand , my kersie gee sy lig
Ek hoor dan maar die storm daar buite
Ek hoor hoe ruk die winde aan my ruite
Hier binne is dit veilig, warm en dig

Kom nag, kom weer en wind, kom oseaan
Dit is 'n rots waarop my huisie staan
Kom nag, kom weer en wind, kom oseaan
Dit is 'n rots waarop my huisie staan
My vuurtjie brand , my kersie gee sy lig
Ek hoor dan maar die storm daar buite
Ek hoor hoe ruk die winde aan my ruite
Hier binne is dit veilig, warm en dig
Kom nag, kom weer en wind, kom oseaan
Dit is 'n rots waarop my huisie staan
Kom nag, kom weer en wind, kom oseaan
Dit is 'n rots waarop my huisie staan
Dit is 'n rots waarop my huisie staan
Dit is 'n rots waarop my huisie staan




 

Download Now!!!

Copyright © 2020 Zortam.com. All Rights Reserved.   Zortam On Facebook Zortam On Twitter