Auto Mp3 Tagger
 Artist: A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z 0-9

Download Now!!!

Songs    | Albums    | Album Arts

Amanda Strydom - Ek loop die pad Lyrics - Zortam Music
Song:Ek loop die pad
Album:Briewe Uit Die Suide By Amanda StrydomGenres: 
Year: Length:134 sec

Lyrics:

Ek loop die pad, al lank, my lam
So kaalvoet deur die kou
Van doeriekant se doringveld
En kyk hoe lyk ek nou

Ek loop die pad, so sonder hoed
Deur son en wind en grou
So kaalvoet, op die slingerpad
En kyk hoe lyk ek nou
Instrumenteel

My lam, die gras is soms so groen
En die son is soms so lou
Maar ek loop hierdie pad alleen, my lam
En kyk hoe lyk ek nou

Onthou jy nog hoe ons kon loop?
So loslyf, en verspot
So vlieg - vlieg oor die koppies heen
'n Ragab en 'n Lot
Instrumenteel

Maar nou loop ek, alleen my lam
So kaalvoet deur die kou
En soms, net soms dan wonder ek?
My lam, waar is jy nou?

En soms, net soms, dan wonder ek?

My lam, waar is jy nou?




 

Download Now!!!

Copyright © 2020 Zortam.com. All Rights Reserved.   Zortam On Facebook Zortam On Twitter