Auto Mp3 Tagger
 Artist: A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z 0-9

Download Now!!!

Songs    | Albums    | Album Arts

Song:Silver De Lange
Album:RiviersonderendGenres:Pop
Year:1993 Length:235 sec

Lyrics:

Die konsertina kerm al sy verlange, in die hande van ou Silver de Lange
Hyt gespeel van die liefde, maar hy was n eensame man
Ja, ou Silver hy't die pad alleen geloop, en gedwaal soos net n swerwer kan
Dalk n bottel in die hand om die wêreld se skerpkant, weg te brand
Dis n geleende konsertina vir n arm man, wat kon speel beter as n ander kan
As die vyf, dagbrekers op die radio grammofoon speel
O, dan wonder ek baie oor jou Silver, daars so baie wat ons twee kon deel
Maar die konsertinas nou jou weduwee, en jou hande het afgetree
O, speel hom, Silver, speel hom weer
Speel hom Silver, nog 'n keer
En die konsertina kerm verlange in die hande van Silver
Silver de Lange

En kom die paaie van die ou musikante, by die kruising van die hemel se rante
En 'n man hoef nie meer vir n sjieling op n dag te speel
En ek wonder hoe baie baie harte, het ou Silver in sy lewe gesteel
Maar die konsertinas nou sy weduwee, hyt sy hart net vir haar gegee
En watter vrou het gekyk in jou oë se blou,as jou vingers om die wheatstone se note vou?Wiet die hartseer man, teen haar bors getroos?
Ja, die wêrelds nog dieselfde, ou Silver, hys hard en hys voos en hys boos
Het jy alleen gespeel en musiek gemaak, toe jou hande aan die stilte raak?
O, speel hom, Silver, speel hom weer
Speel hom Silver, nog 'n keer
En die konsertina kerm verlange in die hande van Silver
Silver de Lange

O, speel hom, Silver, speel hom weer
Speel hom Silver, nog 'n keer
En die konsertina kerm verlange in die hande van Silver
Silver de Lange




 

Download Now!!!

Copyright © 2020 Zortam.com. All Rights Reserved.   Zortam On Facebook Zortam On Twitter